algemeen

 

Kennies (Gr1-7)

 

 

 

 

 


Knikkies (Gr00 - Gr0)

 

Waarom is Knikkieland die beste keuse?

'n Veilige geborge kleuter is 'n gelukkige kleuter wat Gr.1 met selfvertroue tegemoed gaan. Die eerste skooldag is vir baie kleuters 'n traumatiese dag a.g.v die onbekende. Maar ... vir 'n Knikkie is daardie dag net 'n voortsetting van 'n reeds gevestigde bekende milieu. Die terrein, die geboue, die klok, die groot kinders, die menere en juffrouens, Mnr. Kallie, die interkom, die snoepie, die kantoor-tannies en die formele atmosfeer is ALLES reeds deel van die KNIKKIE se verwysingsraamwerk.

Wat maak ons anders?

  • Opgeleide onderwyseresse wat die welstand en vordering van elke kleuter monitor en op die hart dra
  • Vroeë identifisering van ernstige uitvalle by die kleuter word vroegtydig deur die onderwyseres met die ouers bespreek en dan word die kleuter verwys na die volgende hulpverleners: 'n Arbeidsterapeut, Spraakterapeut, spelterapeut of Opvoedkundige sielkundige
  • Skoolgereedheid van kleuters geskied teen die middel van die jaar op versoek van ouers
  • Veilige, omheinde, goed toegeruste speelgrond
  • Veilige, pragtige klaskamers propvol opvoedkundige apparaat om u kleuter motories optimaal te ontwikkel
  • Emosionele ontwikkeling is hoog op ons prioriteitslys
  • 'n Jaarprogram vol aktiwiteite, opvoedkundige uitstappies en verrassings - enige kleuter se droom
  • Ons Knikkies skakel direk aan by die Grondslagfase
  • Emosioneel is u kleuter klaar skoolgereed

Onthou, u kleuter is vir ons spesiaal!