 |
Die hartklop van 'n skool bepaal die geluk van sy kinders. Ons skooltemas van die afgelope drie jaar verwoord die hartklop van ons pragtige skool.
2005 - Rots Trots
2006 - Droom groot, dink groot, doen groot!
2007 - Bring die koning terug!
2008 - VAT Vlam
2009 – Pure passie!
2010 – ‘Magic’
|
Geloof, glimlagte, opgewondenheid, pret en plesier asook 'n hoopvolle toekoms moet deel van 'n kindervriendelike skool wees. Voeg hierby personeel met 'n hartklop vir kinders en ondersteunende ouers en jy kan nie anders nie as om suksesvol te wees in die opvoeding en onderrig van ons kinders.
Die lewenspad is vir ons en ons kinders vol uitdagings. Omdat ons egter in Sy Lig dié Lig sien, glo ons onvoorwaardelik dat ons 'n positiewe impak op u en u kind kan hê. Ons nooi u uit om saam met ons in 2010 die Kenmarepad te volg. Mag die woorde "Met passow" u en u kind inspireer om saam met ons, in geloof en met waagmoed die pad te loop wat ons Hemelse Vader vir ons beplan het, reeds lank voor die grondlegging van die aarde.
Mag die uitbundige skaterlag van kinders steeds voortgaan om in die gange van Laerskool Kenmare op te weergalm.
Vir 'n volledige Prospektus van Laerskool Kenmare, klik hier |