algemeen

 

Kennies (Gr1-7)

 

 

 

 

 


Knikkies (Gr00 - Gr0)

Administratief: Personeel

Ons administratiewe dames is van voor skool tot 15:00 in die middae beskikbaar om u te help met enige algemene navrae.Hulle is: Agter v.l.n.r Annelie, Lize;Juliet en voor Magda, wat spesifiek die finansies hanteer.

Afhaal van leerlinge tydens skooltyd

Vir die veiligheid van all leerlinge moet leerlinge wat gedurende skoolure vir enige rede die terrein moet verlaat, moet deur 'n ouer of voog afgehaal word. Indien die ouer of voog iemand anders stuur, moet die persoon 'n toestemmingsbrief van die ouer toon, sowel as 'n ID dokument. U word versoek om nie leerlinge by hul klasse te gaan haal nie, maar eerder by die administratiewe kantoor te vra dat hulle die leerling roep oor die interkom stelsel. U kan dan vir die leerling by die kantoor wag. U sal slegs toegelaat word om die terrein met 'n leerling te verlaat indien u 'n gestmpelde kaartjie kan toon, wat u by die administratiewe kantoor kry wanneer u die leerling uitteken.

Aflewering van items vir leerlinge tydens skooltyd

Indien u enige iets vir 'n leerling moet aflewer tydens skoolure, word u vriendelik versoek om nie onderwysers en leerlinge in klasse te steur nie, maar dit by die administratiewe kantoor te laat. Die leerling kan dit gedurende pouse daar kom afhaal.

Pouse tye

Registrasie van nuwe leerders 

 - Die registrasievorm vir 2011 - klik hier
 
 - Her-registrasievorm vir 2011 - klik hier

Finansies

Die volgende is 'n opsomming van skoolfonds betaalbaar vir 2010:

Gr1 – 7 Kenmare leerders

Knikkies: Gr R

1 Leerling

R 620.00

1 Leerder

R 900.00

2 Leerlinge

R 1 130.00

 

 

3 of meer Leerling

R 1 560.00

 

 

Ouers kry 10% afslag indien onderriggelde in totaal betaal word voor of op 28 Februarie 2010. U kan maandeliks per elektroniese oordrag of bank deposito betaal, of u kan ons debietorderopdrag voltooi.

Bankdetails:

Absa bank
Rek: 01099240152
Tak: 630 241
Verwysing:  bv.”3NIE04” (Die gesin se registrasienommer)