Kenmare beheerliggaam
Geboue |
Sekretaresse |
Naskool & Snoepie |
Bemarking , Onder |
Personeel |
Personeel |
Sport & Kultuur |
Kommunikasie & IT |
Finansies
|
Voorsitter
|
GDO verteenwoordiger
|
Ondervoorsitter
|
Boodskap van die voorsitter - Christo Swart
By Laerskool Kenmare gaan dit vir ons oor kinders. Vandaar die motto wat ons personeelkorps en ouers ons eie gemaak het, naamlik "Alles tot voordeel en in belang van ons kinders."
Ons streef daarna dat elkeen van ons leerders optimaal sal ontwikkel met die talente aan hom of haar gegee. Dit doen ons, deur erns te maak met die oordrag van kennis, die aanleer van vaardighede en waardes.
Ons stel dit ons ten doel om mee te help, om saam met ons ouers en die hoërskool, die grondslag te lê om uiteindelik emosioneel en intellektueel volwasse mense die wêreld in te stuur, wat sinvolle bydraes kan lewer, waar hulle gaan beweeg en werk.
Ons erken ons daaglikse afhanklikheid van Hom deur wie ons beweeg, bestaan en is. Daarom funksioneer ons daagliks vanuit ons Christelike geloofsoortuiging. Ons ondersteun die ideaal van 'n veelrassige en demokratiese gemeenskap en is trots op ons Afrikaanse taal en kultuur.