algemeen

 

Kennies (Gr1-7)

 

 

 

 

 


Knikkies (Gr00 - Gr0)

 

Knikkie naskoolsentrum

Tuis... Net soos by die huis!

Pappa’s en mamma’s kan met geruste harte hulle kleuters in die sorg van ons toegewyde naskoolpersoneel laat. Daar word met liefde na elkeen se behoeftes omgesien.
Na hul oggendprogram ontvang elke kleuter ’n     smaaklike middagete.
Elke middag word daar ’n uur gerus om die batterye weer te laai.
Spel vorm die belangrikste deel van ons kleuters se middagprogram. Kleuters speel onder toesig  van personeel in die sandput, op klimrame of met verskeidenheid speelgoed.
Om ons ouers deel te laat wees van die tye wat hulle weg is van hulle kleuter, gee ons weekliks ‘n “Knikkie-nuusbriefie” uit oor watter aktiwiteite die leerders elke middag gaan doen en wat hulle te ete gaan kry (dan kan die Mamma’s daarvolgens die kleuter se aandete beplan).

Ons bied die volgende:

  • 'n Veilige, gelukkige en interessante omgewing.
  • Vriendelike personeel wat omgee vir  kleuters.
  • Sosiale interaksie met maats van eie portuurgroep.
  • Opvoedkundige speelapparaat.
  • Vakansieprogramme.
  • Een-dag-diens vir ouers in nood.

Dagprogram:

Tye Gr R & Gr00
13:00 - 13:30 Middagete
13:45 - 14:30 Slaap / rus
14:30 - 15:45 Uitgewerkte aktiwiteite
15:45 - 16:00 Broodjies / vrugte en koeldrank
16:00 - 17:00 Buite spel
17:30 Naskool sluit

Spyskaart vir middagetes

Maandag Kerrie en rys, Vrug, Koeldrank
Dinsdag Kookkos en poeding, Iets te drinke,
Woensdag Pasta, Droëvrugte, Sap
Donderdag Kookkos en poeding, Iets te drinke
Vrydag Hamburger, Verrassing, Melk

 

Fooie

R400 per maand