algemeen

 

Kennies (Gr1-7)

 

 

 

 

 


Knikkies (Gr00 - Gr0)

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

Kultuur

‘n Volk sonder kultuur is arm en iemand wat sy kultuur ontken is dwaas. As Afrikaners is ons bevoorreg om ‘n ryk kultuur te hê waaraan ons ,ons kinders met trots moet blootstel. By Laerskool Kenmare word ‘n verskeidenheid kultuuraktiwiteite aangebied en die kinders word aangemoedig om aan ten minste een kultuuraktiwiteit per jaar deel te neem.
Met drie kore – kleuters, juniors en seniors, - word daar met oorgawe gesing en is ons skoolkoor bekend  vir hul pragtige optredes.
Arthur Schopenhauer het gesê:  “Die musiek is ‘n groot en edele kuns. Die uitwerking op die aard van die mens is so kragtig, dit word deur die mens so diep en volkome in sy innerlike bewustheid as ‘n universele taal verstaan dat dit met niks anders in die sigbare wêreld vergelyk kan word nie.”
Redenaars word met erns ontwikkel en daarom hou ons jaarliks ‘n interne redenaarskompetisie, waarna ‘n span deurgestuur word om aan die ATKV redenaars deel te neem. Verlede jaar het een van ons redenaars tydens die finaal in Bloemfontein deelgeneem.
Deelname aan kultuur skep balans in ‘n kind se lewe en gee aan hom die geleentheid om  met selfvertroue voor mense op te tree. Hierdie vaardigheid is van onskatbare waarde verder in sy lewe waar hy noodwendig in sy werksomgewing insette sal moet lewer en graag gehoor wil word.

“Van al die dwelmmiddels tot die mens se beskikking is woorde die kragtigste.” – Rudyard Kipling.