Naskoolsentrum
Dit is reeds 15 jaar wat ons strewe om aan elke werkende ouer die gemoedsrus te gee dat u kind na skool in 'n veilige omgewing deur kundige personeel versorg word. Vir ons is dit nie net nog 'n werk nie, maar 'n passie; en ons maak dit werklik ons roeping om 'n verlengstuk van die skool en die ouerhuis te wees.
Ons glo daaraan om as 'n span saam te werk: Ouers, Kinders, Skool en Naskool.
![]() |
Ons bied aan u kind ‘n Naskool met ‘n Verskil:
|
Ons leuse: "By ons is u Kind ook Belangrik!" ... sê dit alles.
As u vir u kind die heel beste wil hê, voltooi die aansoekvorm en stuur dit saam met die inskrywingsgelde skool toe.
Ons sal tydens die opedag beskikbaar wees by die Naskool as u ons graag wil ontmoet of meer besonderhede oor die Naskool wil bekom. Voel ook asseblief vry om my by bogenoemde telefoonnommer te kontak indien daar enige onduidelikhede is.
Kontak gerus vir Herman Smit vir meer inligting by 082 852 8255
