Spesiale Programme: Verrykende Onderwys
Wat ‘n groot sukses was verryking nie in 2009 nie! Getrou aan Laerskool Kenmare se manier van doen gaan ons hierdie klasse in 2010 nog verder uitbrei.
Graad 4 – 7 leerders gaan ook nou tydens skoolure, as deel van die kurrikulum, ‘n draai by Juf. Elsabé maak. Op hierdie manier verseker ons dat elkeen met ‘n vorm van verryking bederf word!
Die verskillende leerareas is in die verskillende kwartale van die jaar verdeel en in die eerste kwartaal spreek ons dan SW en EBW aan.
MIDDAGKLASSE (Gr. 2 – 7)
‘n Tweede (nuwe) groep leerders (Gr. 3 – 7) word hierdie jaar aangewys vir hierdie klasse en graad 2 deel nou ook in die pret. As u kind dus verlede jaar Verryking in die middae gedoen het, mag hy/sy weer in die toekoms ‘n beurt kry.
Menslike bewegings kunde (MBK)
Vir die 2de jaar gaan ons die MBK aanbied op die programme van KDA. Juf. Anne-Marie is nou ingeoefen en sal MBK aanbied vir Gr1-7.
Wat is die KDA programme? Besoek gerus hulle webblad op www.kidsda.com.
Kleredrag: Informele geelhempie en swart kort broek.
Remedierende Onderwys (RO)
Dit word vir die 2de jaar by Kenmare aangebied deur Juf. Ingè vir Gr1-3.
RO maatjies sal deur die klasonderwys aanbeveel word, u as ouer sal dan gekontak word.
Die RO program word bestaan uit ‘Speel-’, skryf-en rekenaarwerk.
Kinderkinetika
![]() |
Kinderkinetika is ‘n wetenskaplik gefundeerde bewegingsontwikkelingsprogram met totale ontwikkeling van die kind ten doel. Hierdie program word terapeuties, voorkomend en / of bevorderend aangebied om by die spesifieke behoeftes van u kind aan te pas soos vasgestel deur wetenskaplik gebasseerde evaluasies. Programme word op verskillende ouderdoms- en vaardigheidsvlakke aangebied. Juf Chirine Knoesen, ‘n gekwalifiseerde Kinderkinetikus wat geregistreer is by die Suid-Afrikaanse Professionele Instituut vir Kinderkinetika (SAPIK), werk vanaf die begin van hierdie jaar met al ons Kenmare Kintas. |
Chirene bied ook verskeie ander Kinderkinetika programme aan, nl.
Kontak Chirene gerus vir enige verdere navrae oor kostes en tye. |
|
