algemeen

 

Kennies (Gr1-7)

 

 

 

 

 


Knikkies (Gr00 - Gr0)

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

Sport Inleiding

Die rol wat sport op die ontwikkeling van ‘n kind speel, mag nooit onderskat word nie. Nie net leer die kind om sy liggaam en talente te ontwikkel en te respekteer nie, maar hy word ook blootgestel aan gesonde kompetisie en spanwerk . Dit is vir ons belangrik om ons kinders weg te hou van die “moet-wen-kultuur” wat deesdae so dikwels gesien word  -  ons probeer eerder fokus op die proses wat gevolg word om ‘n gebalanseerde sportman te ontwikkel.

Indien sport as deel van opvoeding gebruik word, ontwikkel ‘n mens ‘n kind wat waardering het vir die gawes  wat hy van sy Skepper ontvang het.

Om soveel as moontlik kinders die geleentheid te gee om op hierdie vlak ontwikkel te word, is dit ons doelwit  om, indien enigsins moontlik,  B- en C-spanne daar te stel.

Om die boodskap van deelname in plaas van wen verder oor te dra, is daar besluit om die skool van formele ligas te onttrek. Hierdie waaghalsige stap stel ons in staat om nou kragte te meet teen groter skole, sonder die angel van wen ten alle koste.Die atmosfeer waarin wedstryde gespeel word, is baie meer positief en minder prestasie-gejaagd.

Dit is altyd moontlik om dankbaar te wees vir wat ons ontvang, eerder as om te kla oor wat ons nie het nie. Een van die twee word ‘n lewensgewoonte.” Albert Einstein.