KNIKKIES: Die ideale kleuterskool vir elke kleuter!

Ons bied aan u die volgende:

  • Opgeleide onderwyseresse wat die welstand en vordering van elke kleuter monitor en op die hart dra met hulp van ‘n opvoedkunge assistent in elke klas.
  • Daar is elke oggend ‘n personeellid vanaf 7 uur aan diens.
  • Die dagprogram begin 7:15 en eindig 12:00.
  • Daar is toesig vir kleuters wat moet wag vir ouer boeties of sussies vanaf 12:00 tot 13:30.
  • Baie goeie naskole in die omgewing.
  • Die program wat ons volg, maak dit maklik om vroeë identifisering van ernstige uitvalle by die kleuters onder die ouers se aandag te bring en sodoende kan ons vroegtydig daaraan begin werk. Al die kleuters ondergaan dus gehoor-, spraak- en ouditiewe prosesserings toetse in die begin van die jaar.
  • Die dagprogram word aangevul deur ‘n grootmotoriese program, Rekenaargeletterdheid, Mini-netbal en Rugbyvaardighede wat gratis aangebied word.
  • Geen skryfbehoeftes hoef aangekoop te word nie die skool voorsien alles wat u kleuter gaan nodig kry in die klas.
  • Ons streef daarna om elke kleuter sover moontlik skoolgereed te kry en met baie selfvertroue na Graad 1 te stuur en daarom word elke kleuter getoets deur ‘n Opvoedkundige Sielkundige t.o.v skoolgereedheid.
  • Veilige en pragtige klaskamers propvol opvoedkundige apparaat om u kleuter motories optimaal te ontwikkel.
  • Veilige omheinde en goed toegeruste speelgrond met deurlopende toesig.
  • ‘n Jaarprogram vol aktiwiteite, opvoedkundige instappies en verrassings – enige kleuter se droom.

Ons bied ook geleentheid vir ‘n Ken-Mekaar funksie, Knikkie Atletiek/Rugby/Netbal, Entrepreneursdag, Moedersdagbederf,Gradeplegtigheid,ens.

Die kleuterskool bestaan uit:

*Twee Gr RR- en Vyf Gr R klasse en daar is ‘n maksimum van 30 leerders per klas.

*Elke klas het ook ‘n assistent wat die Juffrouens en kleuters bystaan tydens die dagprogram.

*Die Knikkies se personeel is as volg:

Gr R Vissieklas

Juf Antonette en Dorah

Knikkies (Gr 00 – Gr R)

Gr R Paddaklas

Juf Cindy en Lucky

Knikkies (Gr 00 – Gr R)

Gr R Beertjieklas

Juf Yolanda en Cynthia

Knikkies (Gr 00 – Gr R)

Gr R Skilpadklas

Gr R Skilpadklas

Knikkies (Gr 00 – Gr R)

Gr R Bytjieklas

Juf Luné en Bettie

Knikkies (Gr 00 – Gr R)

Gr R Rekenaars en Grootmotories

Juf Emay

Knikkies (Gr 00 – Gr R)

Knikkie Kantoor

Adri

Knikkies (Gr 00 – Gr R)
mouses