Kommunikasie & Prosedures

Parkering en speelgoed beleid

PARKERING:

Ons vra dat ouers asb NIE die personeelparkering agter die kantore gebruik NIE-  onder geen omstandighede nie.

Vermy asb die areas waar daar rooi strepe geverf is.

U kan ook nie op die rugby- en atletiekvelde ry om u kinders in die oggend af te laai nie.

Ons maak staat op u samewerking.

 

AFLAAI-PRSEDURES:

Knikkies by knikkiehek – moet asb NIE teen die verkeer opbeweeg nie. Laai die Gr 1 en 2’s af by KLEINHEK  in Frederick Cooperrylaan

Laai Gr 3, Gr 4 en Gr 5 by hoofhek af in Emdon straat – “DROP AND GO” aand linkerkant, Stop en bagasie uitlaai en oorloop op Linkerkant. Maak ASSEBLIEF van die hoofvoetoorgang gebruik in die oggende en middae.

Laai Gr 6 en 7 af by B-veld hek in Waterford straat (moet asb nie inry en daar parkeer nie.) Daar sal ‘n onderwyser op diens wees. Die leerders beweeg dan direk oor die veld na die voetoorgang by die hoofhek)

Indien u meer as een kind het wat by verskllende plekke volgens bogenoemde afgelaai moet word, gebruik dan die aflaai-gebied wat vir die oudste kind sou geld.

 

SPEELGOED / ELEKTRONIESE WARE BY SKOOL:

Ons versoek asb dat ouers met hulle kinders gesels. Indien enige leerder ‘n speeding / selfoon skooltoe bring, doen hulle so op eie risiko. Ons kan nie alle skooltake en administrasie stop om op die kameras te kyk as bv spar angrybird-kaartjies of rubix cubes verlore raak nie.

Die Awsum Kenmare APP

STAPPE OM DIE APP AF TE LAAI:

 

  • Maak die Google Play of Apple Store oop
  • Soek vir awsum en kyk uit vir AWSUM App for Schools
  • Kliek op Install
  • Nadat die app install het, kliek op Open en op Register in 3 maklike stappe
  • Stap 1: Vul jou eposadres in (alles in kleinletters)
  • Stap 2: Kies jou skool (meer as een skool kan gekies word)
  • Stap 3: Kies jou kind/kinders se graad en aktiwiteite (meer as een kan gekies word)bv. Rugby O/13

 

FAQ:

  1. Vraag: My registrasie wil nie deurgaan nie. Hoekom nie?

Antwoord: Daar is verskeie redes;

  1. Maak seker dat jy slegs kleinletters in jou eposadres gebruik
  2. Maak seker dat jou eposadres reg en volledig is bv. piet@pompies.co.za
  3. Maak seker dat jy die nuutste weergawe van die APP het. As die app vra vir jou geboortedatum tydens die registrasieproses het jy nie die nuutste weergawe nie
  4. Jy kan ook na die volgende kort video kyk was jou stap vir stap deur die registrasieproses vat; https://vimeo.com/255380190

 

  1. Vraag: Hoe weet ek dat ek die nuutse weergawe het?

Antwoord: Gaan nou jou “App store” en net soos enige ander program sal dit vir jou wys as daar ‘n nuwe weergawe is. Al wat jy moet doen is om dan te kliek op “update”

 

  1. Vraag: Hoe druk ek ‘n vorm vanaf die applikasie vir bv. skaak registrasie?

Antwoord:

  1. Gaan na die dokument
  2. Kliek op die koevertjie en die dokument sal automaties per epos na jou gestuur word. As jy die epos na 15 min nog nie ontvang het nie is dit moontlik dat die epos na jou “spam” toe gestuur is. Dit is dan nodig dat jy die eposadres “whitelist”
  3. Jy kan ook na die volgende kort video kyk wat jou stap vir stap deur die proses sal vat; https://vimeo.com/255380668
d6 Skool kommunikasie toepassing

Laai asb die toepassing af op u rekenaar en selfoon:

 

U kan die volgende skakels gebruik om die program af te laai vir Windows & MAC:

http://www.school-communicator.com/download.php?schoolid=7800

 

Terwyl u aflaai – click “save” en dan “run”.

 

Mobi webwerf and Mobile App skakel: http://www.school-communicator.com/downloads

 

Facebook

Gaan “like” ons Facebookblad en sien al ons spognuus, opkomende funksies en meer! Wil jy graag op hoogte bly van wat daagliks gebeur by Kennies? Volg ons op Facebook!

Het jy enigiets wat jy voel nuuswaardig is? Kontak bemarking@kennies.co.za

Laerskool Kenmare amptelik

Skakel : https://www.facebook.com/LaerskoolKenmareAmptelik/

Inligting en Probleme

PROSEDURES/KANALE OM TE VOLG VIR INLIGTING EN PROBLEME:

“WACKY-WEDNESDAYS”:

EKSTRA KLASSE:  (13:30 – 14:10)

ONDERHOUDE MET PERSONEEL:

(14:10-14:30)

 

ONDERHOUDE MET PERSONEEL:

(14:10-14:30)