KULTUUR-VERSLAG:  EERSTE KWARTAAL 2018

REDENAARS:   (Sanet Beukes, Riekie van Niekerk, Ilze Swiegelaar en Jessica Grobler)                                                                                                                                            Inligtingsvergadering is gehou 5 Februarie 2018 en 1 Maart 2018 ‘n Onvoorbereide Toespraak Kursus – baie dankie aan die personeel vir ekstra moeite – waardeer so baie! Oppie Seepkis week:  19-23 Februarie 2018  Aantal leerders deelgeneem:  61            Wenners:  Gr.  1:  CHRISTIAAN STEYN, GR.  2:  AILA SMITH , GR.  3:  SYMONE VENTER, GR.  4:  LIENKA JOUBERT, GR.  5:  ALBERT SMIT GR.  6: ANELDRI STOPFORTH en GR.  7  JOHAN COETZER:  .  Super 12:  9-10 Maart 2018 Deelnemers:  Symone Venter, Franco Kruger, Lienka Joubert, Alexander Coetzer, Albert Smit en Melandi Swiegelaar.  Vir die eerste keer het ons ook aan die Spanredenaars deelgeneem met deelnemers:  Alexander Coetzer, Melandi Swiegelaar, Johan Coetzer en Kayleigh Herbst. ATKV-Redenaars:  22-23 Maart 2018  Deelnemers:  Symone Venter, Christiaan Steyn, Anne-Mieke van Tonder, Lienka Joubert, Aila Smith, Franco Kruger, Albert Smit, Taya Loubser, Rieghardt Prinsloo, Nina Guy, De-Ané Swiegelaar , Teané de Jager, Réney van der Berg, Alexander Coetzer, Melandi Swiegelaar, Maya Bothma, Aneldri Stopforth en Johan Coetzer.  Leerders wat deurgedring het na die tweede rondte wat 8 Junie 2018 plaasvind is:  Symone Venter, Lienka Joubert, Taya Loubser en Alexander Coetzer. Baie trots op julle – wel gedaan Kennies!

KORE:  JUNIOR EN SENIOR  (Cecile Doubell-Fourie en Daniela Pretorius)                                                                                                               Albei kore oefen fluks en Juf. Cecile en Juf. Daniela wat begelei doen baie moeite.  Koorwerkswinkels met Me. Reinette Bouwer is ‘n groot hoogtepunt op vanjaar se program:  26 Januarie 2018 wat reeds plaasgevind het en 11 Mei 2018 wat die volgende werkswinkel sal plaasvind vir die seniors – ons is bevoorreg.  RACA en RAK Kunswedstryd wat Jul./Aug. plaasvind.  Ouetehuis Optredes by Moria en Môreglans.  Kultuurfees:  3 November 2018 en feeste waarna ons uitgenooi sal word gedurende die jaar.  Die kore sing pragtig – ons is baie trots op hulle en wens hul alle sukses toe vir al die optredes!

LAERSKOOL KENMARE REVUE:  JUNIOR EN SENIOR  (Ilze Swiegelaar en Monique Smith)                                                                                                            Dit is nogsteeds “hoendervleis-oomblikke” om die uitsendings op Kyknet Kanaal 146 Sondae te kyk, 2017 se Spog-revuegroepe wat puik presteer het.  2018 Seniors het ‘n oefenkamp gehad 23-25 Februarie 2018 en die Juniors 16-18 Maart 2018 en dit baie geniet!  Tswane Keuring:  Moontlik 11 Mei 2018.  RACA en RAK Kunswedstryd Jul./Aug.  Centurion Kunstefees 4 Augustus 2018, 8Beats Kompetisie 4 Augustus 2018 en Revue 2018 Kyknet week 21-26 Augustus 2018.  Hul oefen dat die stof so staan – baie sterkte!  Weet jul gaan ons trots maak hierdie jaar!

ALGEMENE KENNIS(Mariana Goosen)                                                                                                                        Super 12 vind plaas 18 Augustus 2018 en die span is fluks besig om voor te berei vir hierdie geleentheid – trots op julle – hou so aan!

BYBELVASVRAE(Elsabé Bell)                                                                                                                             Super 12 vind plaas 1 Augustus 2018 en daar word reeds moeite gedoen en hard gewerk – baie dankie – jul gaan die vrugte pluk!

RAK KUNSWEDSTRYD(Juniors:  Mariana Goosen en Seniors:  Ronél van Zyl)                                                                                                                      Vind plaas 23 Julie 2018 tot 8 Augustus 2018 en meer inligting sal beskikbaar wees nader aan die tyd.

Lisa Combrink het aan SACOPA deelgeneem en het 10 medaljes verower:  5 goud, 3 silwer en 2 brons – Veels geluk, ons is baie trots op haar!

NET WEEREENS VIR U KENNISNAME vir 2018:  Skrywe van Gauteng Departement van Onderwys Kultuur is 2017 ontvang en het bevestig dat slegs SACOPA – South African Championships for performing Arts en WCOPA – World Championships of Performing Arts erken sal word vir Gauteng prestasies en Internasionale prestasies.