Redenaars

Laerskool Kenmare  bied jaarliks ons eie interne redenaarskompetsie, Oppie-Seepkis, aan vir alle leerders van Gr. 1-7.  Ons het in 2018 gespog met ‘n total van 61 inskrywings.

Ons gebruik die ATKV se temas vir ons redenaars en die sprekers word deur geakreduteerde beoordelaars beoordeel.  Die ATKV temas is alreeds jaarliks vanaf Oktober op die ATKV se webtuiste beskikbaar.

Na afloop van die Oppie-Seepkis, skryf ons ‘n skoolspan  wat uit 18 sprekers bestaan in vir die ATKV redenaars wat dan deelneem aan die eerste rondte van die kompetisie. Sonder uitsondering, het ons jaarliks sprekers wat deurdring na die Semi-finaal en het ook al sprekers gehad wat aan die Landsfinaal deelgeneem het.

Die Super  12 is natuurlik die hoogtepunt van ons jaar. Die Seepkis wenners van elke graad gaan verteenwoordig Laerskool Kenmare by die kompetisie.  Daar kry hulle ongelooflike blootstelling en staan nie terug vir enige van die ander 21 deelnemende skole nie.  Ons Super 12 -spanredenaars, wat bestaan uit vier Gr. 7-sprekers, praat ook daar die skole aan die brand.

Redenaars is ‘n wonderlike bousteen vir enige leerder.  Dit gaan nie net oor wen nie, die vaardighede en selfvertroue  verryk die kinders en kan lewenslank gebruik word.

ORGANISEERDERS:

JUNIORS:  GR.  1-3

  1. JESSICA JENSEN

HULP: ME. ILZE SWIEGELAAR

SENIORS:  GR. 4-7

  1. SANET BEUKES

HULP: ME. RIEKIE VAN NIEKERK

PROGRAM VIR DIE JAAR:

INLIGTINGSKURSUS: 5 FEBRUARIE 2018

OPPIE-SEEPKIS WEEK : 19-23 Februarie 2018

ONVOORBEREIDE TOESPRAKE KURSUS: 1 Maart 2018

SUPER 12: 9 EN 10 MAART 2018

ATKV: 22-23 MAART 2018

ATKV: SEMI-FINAAL  8 JUNIE 2018

 

PRESTASIES:  2018

Oppie Seepkis week:  19-23 Februarie 2018

Aantal leerders deelgeneem:  61

Wenners:
Gr. 1:  CHRISTIAAN STEYN
Gr. 2:  AILA SMITH
Gr. 3: SYMONE VENTER
Gr. 4: LIENKA JOUBERT
Gr. 5: ALBERT SMIT
Gr. 6: ANELDRI STOPFORTH
Gr. 7 JOHAN COETZER

Super 12:
9-10 Maart 2018

Deelnemers:
Symone Venter, Franco Kruger, Lienka Joubert, Alexander Coetzer, Albert Smit en Melandi Swiegelaar.

Spanredenaars:

  • Alexander Coetzer
  • Melandi Swiegelaar
  • Johan Coetzer
  • Kayleigh Herbst

ATKV-Redenaars 22-23 Maart 2018

Deelnemers

Symone Venter, Christiaan Steyn, Anne-Mieke van Tonder, Lienka Joubert, Aila Smith, Franco Kruger, Albert Smit, Taya Loubser, Rieghardt Prinsloo, Nina Guy, De-Ané Swiegelaar , Teané de Jager, Réney van der Berg, Alexander Coetzer, Melandi Swiegelaar, Maya Bothma, Aneldri Stopforth en Johan Coetzer.

ATKV:  Semi-Finale:  8 Junie 2018

Deelnemers:

  • Symone Venter
  • Lienka Joubert
  • Taya Loubser
  • Alexander Coetzer