ATLETIEK

Atletiek by Laerskool Kenmare vind gedurende die eerste en vierde kwartaal plaas.

Aan die begin van elkejaar word daar reeds op die eerste skooldag uitdunne gehou om die top 12 nael loop atlete in elke ouderdoms groep te bepaal. Hierdie atlete ding teen mekaar mee tydens die huis sport wat plaasvind op die eerste Vrydag middag, nadat die skole heropen het. Tydens die huis sport is alle leerders welkom om aan die veld items en langafstande deel te neem.

Na afloop van die huis sport word ʼn voorlopige span saamgestel om aan die vriendskaplike by eenkomste deel te neem. Alhoewel sommige atlete verkies om van privaat afrigters gebruik te maak. Op Maandae, Dinsdag middae word daar weer uit dunne gehou om die span vir die volgende by eenkomste finaliseer.

Die uitslae van al die vriendskaplike byeen komste word in ag geneem wanneer die jaarlikse inter laer span gekies word. Tydens die inter-laer byeen koms, wat gewoonlik die tweede week van Februarie plaasvind, kan leerders dan deurdring na die Cluster byeenkoms. Hierna kan atlete ook kwalifiseer om aan die Distrik-, Gauteng- en SA-kampioenskappe deel te neem.

Tydens die derde kwartaal word daar weer uitdunne gehou vir die jaarlikse massa byeenkoms. Die doel hier van is om alle leerders wat graag wil ʼn kanste gee om aan die by een koms deel te neem. Uit die by eenkoms se A-wedlope word ʼn span verkies wat gedurende die volgende week aan ʼn vriendskaplike by een koms deel neem. Na aanleiding van hierdie vriendskap like by eenkoms asook die eerste kwartaal se uitslae word daardan ʼn span gekies om in Oktober aan die jaarlikse Super 12-atletiek by eenkoms deel te neem.