Mini Hokkie

By Laerskool Kenmare loop hokkie koors hoog.  Seuns en dogters vanaf Gr. 1-3 word aangemoedig om hokkie vaardighede te ontwikkelen ‘n liefde vir hierdie sportsoort te kweek. By die oefeninge word klem gelê op die basiese vaardighede om hul gereed te maak vir senior hokkie.

Mini-hokkie is verseker nie mini by Laerskool Kenmare nie,. Nagenoeg 120 leerders het hierdie jaar deelgeneem aan oefeninge en verskeie wedstryde. Bekwame afrigters geniet dit om hierdie hokkielyfies te ontwikkel!