Skaak

Skaak (Persies šāh, van Schah = Koning, dit wil sê die naam vir die koninklike spe) is ‘n strategiese bordspel vir twee spelers.

 

Die huidige vorm van die spel het in suidelike Europa ontstaan tydens die tweede helfte van die 15de eeu nadat dit ontwikkel het uit soortgelyke en baie ouer spelle met Indiese en Persiese oorsprong.

Vandag is skaak een van die gewildste bordspele ter wêreld en word dit deur miljoene mense tuis, in klubs, aanlyn, per pos, en in toernooie gespeel.

 

Skaak word gespeel op ‘n vierkantige bord wat verdeel is in agt rye en agt kolomme, met 64 individuele blokkies wat tradisioneel lig en donker gekleur is. Elke speler het 16 stukke, wat bestaan uit agt pionne, twee torings, twee lopers, twee ruiters, een dame en een koning. Elke stuk skuif op sy eie manier. Die twee kante word onderskei deur kontrasterende kleure. Die doel van die spel is om die koning van die opponent in skaakmat te plaas.

 

 

Georganiseerde skaakkompetisies het in die 16de eeu begin en het sedertdien aansienlik ontwikkel. Alhoewel dit nie ‘n Olimpiese sport is nie, word skaak wel deur die Internasionale Olimpiese Komitee as ‘n sport erken.  Die eerste amptelike Wêreldskaakkampioen, Wilhelm Steinitz, het sy titel in 1886 verwerf.

By Laerskool Kenmare neem ons graag deel aan ‘n wye reeks toernooie om ons leerders die nodige blootstelling aan die unieke sport te gee.  Ons neem deel aan die Super 12 skaak toernooi, Stryd van die Skaak Reuse, Distrik Individuele skaak toernooi, Distrik Groep liga toernooi.  In 2018 het ons 0/9 span die Gauteng kampioenskappe bygewoon en ‘n algehele 12 plek behaal.  Ons het ook 4 0/9 leerders gehad wat die top 7 posisies by die distrik individuele finale verower het – hierdie leerders was:

-Bernard du Toit

-Ivan Vrey

-Divan van Schalkwyk

-Stefan jansen van Rensburg

Groepsklasse vind plaas op Maandae in K13 vanaf 15:40 tot en met 16:40 vir ons gekose spanne.